Meer oor Diatomiet

Diatomiet, jou 100% organies en natuurlike vriend in plant/dier en mens gesondheid.

Wat is Diatomiet?

Dit is mikroskopies klein skelette van eensellige plante genoem Diatome, wat baie jare gelede in vars en see water gelewe het. Diatomiet bestaan uit amorfe silika van 'n varswater bron plus 14 spoorelemente. Hierdie neerslag word gemyn, gemaal, gedroog en gesif en dan geklassifiseer. Hierna kan die produk vir 'n groot verskeidenheid gebruike aangewend word, o.a:

  1. insekdoder by plante
  2. middel vir die gebruik in die beheer van interne sowel as eksterne parasiete
  3. om droogte en temperatuur stres te verlig in plante
  4. om nutrient arm grond te herstel en voldoende voeding aan plante te voorsien
  5. ook heeltemal veilig vir menslike gebruik in die verligting van siekte simptome.

    Geen wonder die Chinese gebruik die produk met sukses, al die afgelope 5000 jaar.

Hoe funksioneer Diatomiet?

Wanneer diatomiet deur die gasheer (mens/dier) geneem word, gaan dit deur die spysverteringstelsel – waar daar belangrike fisiese, meganiese en fisiologiese prosesse plaasvind.
Terwyl diatomiet deur die spysverteringstelsel gaan, skuur dit teen die parasiete en veroorsaak meganiese skade omdat Diatome baie skurf en poreus is en veroorsaak dus ernstige skade aan die parasiete se vel of cuticle. Dit vrek wanneer die vel gepenetreer word en 10 % van sy vog verloor. Dan word dit deur die dier uitgewerp, sonder enige skadelike/newe effekte. Die somtotaal van die uitwerking op dier is net positief. Boonop is die diatome (Phytoplankton skelette) sterk negatief gelaai, wat voordelig is deurdat meeste nadelige stowwe en organismes wat die dier/mens se liggaam binnedring positief gelaai is. Terwyl die diatome as 'n sterk magneet funksioneer – trek dit groot hoeveelhede positief gelaaide virusse/bakterie sowel as ander toksiese stowwe (soos swaar metale) aan. Indien hierdie deeltjies klein genoeg is, beweeg dit deur die mikro poriee van die diatome en word geabsorbeer en beweeg saam met die diatomiet deur die spysverteringstelsel en albei word uitgeskei.
Meeste lewende wesens het op 'n daaglikse basis te doen met toksiese stowwe en parasitiese organismes, en daarom moet daar dus voortdurend voorkomend opgetree word, om energie verliese en siektes te bekamp.
Diatoms Konsentraat word aanbeveel op 'n daaglikse basis as mineraal aanvulling tot die gebalanseerde dieet van diere. Internasionale navorsing toon baie groot besparings m.b.t veearts rekeninge – indien bg. getrou gebruik word.

Diatomiet het geen negatiewe invloed op erdwurms wanneer dit as groei medium aangewend word vir die bekamping van droogte en temperatuur uiterstes. Dit kan ook gebruik word as insekdoder aangesien dit op dieselfde beginsel werk in insekte (ektoparasiete) as op interne parasiete. Wanneer die insek in aanraking kom met diatomiet, skuur dit die buitenste lagie was af en word die liggaamsvog geabsorbeer wat die insek dehideer en laat vrek.

As 'n eg Suid Afrikaanse besigheid stel Agri Silica SA hom ten doel om die verbruiker te help om optimale plant/dier en menslike gesondheid te verseker. Ons is verbind tot die Landbou en ander verbruikers om deur die gebruik van die produk, beter winsgewendheid te verseker:

  • Konvensionele dosering vir parasiete word al meer oneffektief soos parasiete chemiese weerstand opbou.
  • Verbruikers wêreldwyd vereis meer dat landbou natuurlike oplossings vind en organiese gesertifiseerde produkte lewer.
  • Internasionale standaarde soos EU (Europese Unie) vereis dat meer natuurlike produksie (plant/dier) plaasvind.
  • Die Diatoms Konsentraat het EU goedkeuring wat waarde toevoeg tot u produkte.

Vyf jaar van navorsing m.b.t die produk in die Noord Kaap wys op 2 belangrike eienskappe:

  1. Interne en eksterne parasiet beheer – soos bo beskryf.
  2. Mineraalaanvulling – navorsers meen SiO2 (produk bestaan 85% hieruit) is een van die belangrikste minerale in dierevoeding:
  • verhoog beendigtheid deur as katalisator vir die opname van kalsium in beenstruktuur te dien
  • bevorder metabolisme
  • verhoog diereproduksie

Vir bestellings of tegniese navrae kontak ons.

Produkte

Voorste verskaffer van plant-, dier- en mensgesondheid!

Healthsil
100% organies - Fitoplankton krag!
100% natuurlike en organiese manier om
te detoksifiseer en jou gesondheid te verbeter.
Fostec P6
# 1 klaargemengde somerlek vir jou diere!
Fostec P6 met 20% DE
# 1 klaargemengde somerlek vir jou diere!
Fostec P12 met 20% DE
Verskaf die produsent van lewende hawe
'n 12% fosfaat toediening vir sy diere.
Diatoms Konsentraat
Hoogs gekonsentreerde, twee-in-een produk.
Maak diere inwendig gesond en verbeter ook groei van diere.
Diatoms Rolmateriaal
Vir uitwendige aanwending by wild, beeste en perde -
diere rol self in produk waar dit uitgestrooi is.
Voedselgraad Diatomiet
Diatome Konsentraat - verbeter inwendige dieregesondheid