Healthsil

sample3
 
Healthsil Product

Healthsil - is Agri Silica SA se voorste produk wat ons ontwikkel en geregistreer het om nou aan die mark bekend te stel.

  • 100% organies - Fitoplankton Krag! Die 100% natuurlike en organiese manier om te detoksifiseer en jou gesondheid te verbeter.
  • Die Register nommer wat MCC aan Healthsil toegeken het, is 029868.

Farmakologiese werking van Healthsil:

Diatomiet bevat 84% silikadioksied met 14 spoorelemente. DIATOME is die fossiel oorblyfsels van mikroskopiese een-sel plante (fitoplankton). Hierdie diatomiet is van 'n varswater bron en is 'n 100% natuurlike en organiese bron van silikadioksied.
Silikadioksied is 'n noodsaaklike spoorelement in die liggaam wat nodig is vir die vorming van kollageen vir been en bindweefsel, gesonde naels, vel en hare; asook vir kalsiumopname in die vroeë stadium van beenvorming. Dit word ook benodig in die onderhouding van elastisiteit van die are en speel 'n belangrike rol in die voorkoming van kardiovaskulêre siektes. Silikadioksied werk ook die effek van aluminium vergiftiging op die liggaam teen en is daarom belangrik in die voorkoming van Alzheimersiekte en osteoperose. Silikadioksied stimuleer die immuunstelsel en onderdruk die verouderingsproses in weefsel.
Silikadioksied vlakke in 'n mens se liggaam verminder met veroudering. Diatomiet bevat silikadioksied asook 14 ander spoorelemente bv. boor, kalsium, magnesium, mangaan en kalium. Hierdie spoorelemente help in die doeltreffende benutting van voedingstowwe.
Diatomiet bestaan uit mikroskopies klein, silindervormige en ander skerp deeltjies van die fossiel oorblyfsels van fitotoplankton. Hierdie dele is baie hard en "skrop" die wande van die spysverteringstelsel van beide mens en dier.

Meer oor Healthsil etiket
Meer oor Healthsil inligting

kontak ons vir bestelling kontak ons vir bestelling